Winters Dans

Helder oggend son – 

Rooi en oranje deurtrek die wolke

Soos n roes geverfde canvas…

Die seisoenne draai. 

Warm somers dae gee in 

Tot die koel winters windjie

Wat effens begin opkruip teen my rug…

Soos n lig wat die donker terug stoot

Tot in die krake in die muur

Die koue dra saam met dit n hoop –

N opwinding wat niemand

behalwe ons voel borrel nie. 

Ek en jy

Ek voel jou wals in my – 

Ek voel jou foxtrot teen die nate van my ribbekas

Ritmies, met my hartklop as pas – aanwysing. 

 

Ons is een 

Ek en jy

Maar saam met die draai van die seisoen

Kom die wete

Die wete dat ek en jy nie veel langer

Een sal wees nie. 

Ons is besig om die wenpaal te bereik. 

 

Daar le n handjie vol weke voor.

N handjie vol weke waarin ek jou

Nog soos n storm in my binneste sal voel woed

Voel dans en spring…

N handjie vol weke wat ek en jy

Een liggaam sal deel

Jy in my – maar ek net soveel in jou. 

 

In die weke wat kom sal die koue toeneem, 

Net soos jy jou laaste gewig aansit

Hoe kouer dit word hoe groter word jy. 

My mooi kind, my winters-kind

Prins van my hart.

Een van die dae verruil jy my hitte vir die koue

Wat die laaste van die winters maande inhou

Maar jy  

Jy bring die sonskyn saam met jou.

 

17/05/2018

 

Leave a comment