Die Donker

In die stilte van die donker sit ek

met die skerwe Van alles wat eens mooi was 

Gerangskik in wit en grys 

Op die vloer rondom my voete.

 

Elke stuk kerf in my siel in,

Soos lemme deur n geslagte bok

En met elke kerf vul eensaamheid 

Die leemte wat agterbly

 

Alleen… al een… net een

 

Die donker is al n vriendin van my,

Die koue wat sy saam met haar dra

Is nie meer vreemd nie,

Sy gooi haar wese soos n jas om my skouers

Soos n ou vriendin sou doen

 

Sy vleg haar vingers deur die stukke

En Met elke aanraking van haar vinger

Voel ek die leemte in my groei

– dit, die flenters wat my wese sny

Is al wat oorbly

Van al die drome, al die lag, alles weet eens

So mooi was. 

 

En ek…

Omvou met haar donker mantel

Voel ek myself verdrink

In die seer, die alleen wees,

Die stilte waar die lag van liefde

Eens tog was.

Die lag is lankal stil…

 

Ek is niks, ek is donker, 

Gevul met die leegheid van niks wees,

Niks he, niks wil he. 

Want n hart kan nie vir homself leef nie

Maar n hart kan ook nie meer gee 

As alles wat hy het nie. 

Harte word soms moeg,

Harte voel soms stukkend,

N hart weet nie altyd hoe

Om homself weer heel te maak nie

 

Ek sit en staar na al die skerwe

Gerangskik in wit en grys… 

Van die mooiste diepste liefde

Is skerwe al wat agterbly 

 

En die donker vou my toe…

Leave a comment